www.boerefort.co.za

 

 

Algemeen

 

KONSERT 2017

 

 

Ons skoolkonsert, Sonja en die diereboek, was n groot sukses.  Sonja se diereboek het lewendig geword op die verhoog; elke graad se seuns en dogters het verskeie diere uitgebeeld soos die storielyn verloop.  Baie dankie aan elke deelnemer en toeskouer in die gehoor asook n spesiale woord van dank aan die organiseerder Me Sandrinette Pretorius en haar span vir die afrigting en dekor.

 

VELDSKOOL 2017

 

Ons jaarlikse Veldskool vir die Graad 6 leerders het plaasgevind 9 tot 13 Oktober te Motsomi.  Die leerders het hulself gate uit geniet.  Hulle was uitgedaag met verskeie groepwerk-take; van vlot-bou tot modeparade met afvalmateriaal.  Ons vertrou vir elke leerder was hierdie veldskool n besondere belewenis wat hulle vir jare by sal bly en dat hulle beter toegerus wegstap met verskeie vaardighede op groepwerk en leierskap. 

 

 

 

LOFPRYSING SAAM MET ERICH POSTHUMUS

 

 

Die jaarlikse Lofprysingsaand, ten bate van die Bokkiefonds (behoeftige gesinne), het hierdie jaar plaasgevind op 10 Mei 2017.  Wat n voorreg vir ons kinders om saam met Erich Posthumus op te kon tree!  Ons tema was GLOW (God Laat Ons Wen) - en het ons omtrent die saal opgehelder!  Baie dankie aan Me Stella Vermaak (organiseerder), elke opvoeder wat betrokke was met die afrigting en decor, elke deelnemer en ondersteuner asook Erich en sy span!  Dit was n pragtige aand!

 

NETBALTOER 2017

 

 

Die o/11 tot o/13 Netbaldogters het 18 tot 20 Maart n Netbaltoer bygewoon te Sportisimo.  Hulle het hard gewerk op die Netbalbaan en lekker ontspan in die swembad.  Die vaardighede wat hulle aangeleer het sal verseker handig te pas kom tydens die huidige Netbalseisoen asook in hulle toekomstige Netballoopbaan.  Baie dankie aan elke dogter, ouer en afrigter asook die Sportisimo-span wat van hierdie naweek n groot sukses gemaak het!