Laerskool Boerefort
© Laerskool Boerefort

Besige Boeries -

Graad RR & R

Graad RR & R rekening: Me Linda Minnaar - boeries.rek@mweb.co.za Ons neem leerders in vanaf 5 jarige ouderdom (Graad RR).

SKOOLGELD 2024:

R300 registrasiegeld eenmalig elke jaar met inskrywing. R14 040 per jaar (R1 170.00 x 12 maande) NB!!! - Skoolgelde is vooruit betaalbaar oor 12maande vanaf 1 Januarie tot en met 1 Desember 2024. Skoolgelde word gehef ongeag die skoolvakansies - u moet steeds dié maande betaal.

AFSLAG:

Indien skoolgelde maandeliks, vooruit, op datum betaal is en die uitstaande balans vir die jaar teen 30 April 2024, is u geregtig op afslag gelykstaande aan een maand se skoolgelde. NASKOOLSENTRUM: Adri Snyman - 060 794 7852 R10 200.00 per jaar (R850.00 x 12 maande) – Vooruitbetaalbaar op die 1ste van elke maand. Registrasiefooi van R150.00 is betaalbaar met registrasie. Alle gelde is streng vooruit betaalbaar oor 12 maande vanaf 1 Januarie tot en met 1 Desember. Indien die gelde nie vereffen is nie sal u kind onmiddelik die naskool moet verlaat totdat die volle rekening vereffen is. Gelde sluit in ligte middagete en vakansiesorg. Januarie is R1000.00 betaalbaar in die skool se rekening.

VAKANSIESORG:

Vakansiesorg word aangebied vir ingeskrewe Nasorgsentrum leerders (gratis indien op datum betaal) asook nie-ingeskrewe leerders teen R60 per dag.

Skryfbehoeftes:

Merk asb. alle items met jou kind se

naam op

R30 per kwartaal vir bak en brou 4 x wetwipes (1 per kwartaal) Flip file met 30 bladsye 4 x 40g Pritt 4 pakke lekkers (geen toffies of suigstokkies) - 1 per kwartaal 3 “ou” tydskrifte A5 boekie (mamma boek) oorgetrek en naam op 1 Boks tissues 2 x rieme wit afrolpapier 80gr Typek asb. 2 x pakkies uitdraaivetkryt 50 helder kleur kartonne (enige kleur/e) 1 x Ponal gom 2 x plastiek koeverte (carry folders) 1 x A4 lyntjies skrif (72bl.) 1 Grys HB potlood