© Laerskool Boerefort
Welkom
Verwelkomings Inligtingstukke:
Prospektus 2024
INSKRYWING VIR GRAAD RR tot 7 - 2025
Graad RR & R Inligtingstuk - 2024
Graad RR & R Skryfbehoeftes - 2024
Graad 1 Inligtingstuk - 2024
Graad 1 Skryfbehoeftes - 2024
Graad 2 Inligtingstuk - 2024
Graad 2 Skryfbehoeftes - 2024
Graad 3 Inligtingstuk - 2024
Graad 3 Skryfbehoeftes - 2024
Graad 4 Inligtingstuk - 2024
Graad 4 Skryfbehoeftes - 2024
Graad 5 Skryfbehoeftes - 2024
Graad 6 Skryfbehoeftes - 2024
Graad 7 Skryfbehoeftes - 2024
Toesigbeleid vir Ouers
Aansoekvorm vir die Nasorgsentrum
BOODSKAP VAN DIE HOOF - 2024
Liewe Ouers en kinders,
Aan alle nuwe ouers en leerders wat vanjaar vir die eerste
keer by ons ingeskakel het, ‘n spesiale woord van welkom.
Ons hoop julle skakel gou in by die Boerie-familie en dat
julle eersdaags ware Boeries sal wees.
Die personeel is bekwame en hardwerkende mense wat
daarna strewe om net die beste vir ons skool en leerders te
gee. Ons is egter ook net mense en maak ook soms foute,
so ondersteun ons om slegs die beste onderrig en opvoeding
vir ons kinders te gee. Dankie aan u elkeen vir julle liefde,
lojaliteit en opoffering vir die nuwe jaar.
In ons strewe na gehalte onderrig en opvoeding aan al ons
leerders, maak ons staat op die ondersteuning en
samewerking van al ons ouers. Byvoorbaat dankie aan u
elkeen vir u mooi gesindheid, samewerking, hulp en
voorbidding vir hierdie jaar.
Aan ons leerders: ‘n Nuwe lewensjaar vol uitdagings en
geleenthede wag op julle, maak die beste van alles. Ek nooi
alle leerders om ware Boeries te wees deur hulle talente op
sport- kultuur, en akademiese gebied te gebruik en te
ontwikkel. Leef ons Boerie-Christelike waardes uit!
Voorspoed en sterkte aan alle Boeries vir 2024. Mag dit vir
elkeen ‘n wonderlike jaar wees waarin ons naby aan ons
Skepper sal leef. Ek bid dat God se hand van seën, liefde en
beskerming op elkeen sal wees.
Boerie groete
Ben Fourie