Die vertrekpunt tot jou kind se toekoms
Die skool se leuse “Waak en Werk” illustreer waarom ons primêr by die skool is
Verwelkomings Inligtingstukke
- Prospektus 2026
- INSKRYWING VIR GRAAD R tot 7 – 2026
- Graad R Inligtingstuk – 2026
- Graad R Skryfbehoeftes – 2026
- Graad 1 Inligtingstuk – 2026
- Graad 1 Skryfbehoeftes – 2026
- Graad 2 Inligtingstuk – 2026
- Graad 2 Skryfbehoeftes – 2026
- Graad 3 Inligtingstuk – 2026
- Graad 3 Skryfbehoeftes – 2026
- Graad 4 Inligtingstuk – 2026
- Graad 4 Skryfbehoeftes – 2026
- Graad 5 Skryfbehoeftes – 2026
- Graad 6 Skryfbehoeftes – 2026
- Graad 7 Skryfbehoeftes – 2026
- Toesigbeleid vir Ouers
- Aansoekvorm vir die Nasorgsentrum
BOODSKAP VAN DIE HOOF
Liewe Ouers en kinders,
Aan alle nuwe ouers en leerders wat vir die eerste keer by ons ingeskakel het, ’n spesiale woord van welkom. Ons hoop julle skakel gou in by die Boerie-familie en dat julle eersdaags ware Boeries sal wees.
Die personeel is bekwame en hardwerkende mense wat daarna strewe om net die beste vir ons skool en leerders te gee. Ons is egter ook net mense en maak soms foute, daarom vra ons julle ondersteuning sodat ons saam kan sorg vir die beste moontlike onderrig en opvoeding vir ons kinders. Dankie aan elkeen vir julle liefde, lojaliteit en opoffering soos ons saam die pad vorentoe stap.
In ons strewe na gehalte onderrig en opvoeding aan al ons leerders, maak ons staat op die ondersteuning en samewerking van al ons ouers. Byvoorbaat dankie vir u positiewe gesindheid, samewerking, hulp en voorbidding in die tyd wat voorlê.
Aan ons leerders: ’n Nuwe fase vol uitdagings en geleenthede lê voor julle—maak die beste van alles. Ek nooi alle leerders om ware Boeries te wees deur julle talente op sport-, kultuur- en akademiese gebied te gebruik en te ontwikkel. Leef ons Boerie-Christelike waardes uit!
Voorspoed en sterkte aan alle Boeries vir die komende jaar. Mag dit vir elkeen ’n wonderlike tyd wees waarin ons naby aan ons Skepper leef. Ek bid dat God se hand van seën, liefde en beskerming op elkeen sal wees.
Boerie groete
Ben Fourie
