Skool inligting
Verwelkomings Inligtingstukke
- Prospektus 2026
- D6 Communicator Selfoon Toep – Gebruikershandleiding
- Belangrike Datums Kwartaal 1
- Iinskrywing vir Graad R tot 7 - 2026
- Graad R inligtingstuk - 2026
- Graad R skryfbehoeftes - 2026
- Graad 1 inligtingstuk - 2026
- Graad 1 skryfbehoeftes - 2026
- Graad 2 inligtingstuk - 2026
- Graad 2 skryfbehoeftes - 2026
- Graad 3 inligtingstuk - 2026
- Graad 3 skryfbehoeftes - 2026
- Graad 4 inligtingstuk - 2026
- Graad 4 skryfbehoeftes - 2026
- Graad 5 skryfbehoeftes - 2026
- Graad 6 skryfbehoeftes - 2026
- Graad 7 skryfbehoeftes - 2026
- Toesigbeleid vir Ouers
- Aansoekvorm vir die Nasorgsentrum
Skoolure
- Hekke open om 6:45.
- Skool begin stiptelik om 7:20.
- Graad R en 1 verdaag die eerste week daagliks om 12:30.
- Graad R tot 2 verdaag Maandae tot Vrydae 13:15
- Graad 3 verdaag Maandae tot Donderdae om 13:30 en Vrydae om 13:15
- Graad 4 tot 7 verdaag Maandae tot Vrydae om 13:30
Nasorgsentrum- en Vakansiesorg
- Ons skool beskik oor ‘n puik nasorgsentrum.
- Bestuurderes: Adri Snyman 0716293388 / naskool@boerefort.co.za
- Vakansiesorg word aangebied vir ingeskrewe Nasorgsentrum leerders (gratis indien op datum betaal) asook nie-ingeskrewe leerders teen R80 per dag
Skoolwapen, Simboliek en Leuse
Die skool se leuse “Waak en Werk” illustreer waarom ons primêr by die skool is.
Die simboliek van die skoolwapen is:
- Jakarandablom: Dat ons in Pretoria is en dat daar groei is by die kind.
- Goue Son: Die goue son wat opkom stel ontwikkeling van die kind voor. Daar is ‘n toekoms in ontwikkeling.
- Stene: Stel die fort voor. Dit sluit by die leuse aan dat ons moet waak teen die lelike en biddend moet werk aan die goeie wat ons wil ontwikkel.
Navrae
Graad R-7 skoolgeld:
Me Wendy Strydom – finansies@boerefort.co.za
Algemeen:
Me Sunet van der Merwe – admin@boerefort.co.za
Sharon Lewis – ontvangs@boerefort.co.za
Me Linda Minnaar –rekeninge@boerefort.co.za
Skoolfonds 2026
Skoolgelde is ten volle betaalbaar op die eerste skooldag van 2026 of met inskrywing, maar ˊn afbetalingsooreenkoms kan aangegaan word met L/S Boerefort.
GRAAD R TOT 7 SKOOLGELD:
- R16 400.00 per jaar (R1 640 x 10 maande vanaf einde Januarie tot einde Oktober 2026).
- Skoolgelde word gehef ongeag die skoolvakansies – u moet steeds dié maande betaal.
AFSLAG:
Indien skoolgelde maandeliks, vooruit, op datum betaal is en die uitstaande balans vir die jaar teen 30 April 2026, is u geregtig op afslag van 8,5% = R1 390 (afgerond).
Skoolfonds subsidies
- Vra gerus vir die nodige vorms by die finansiële kantoor binne die eerste 2 weke wanneer skole open.
- Agterstallige gelde van 90 dae en meer word oorgegee aan invorderaars.
Nasorgsentrum
Ouers moet asb. weer aansoek doen vir Nasorgsentrum 2026.Inskrywingsvorms beskikbaar in die administratiewe kantoor.
- R11 400.00 per jaar (R950.00 x 12 maande) – Vooruitbetaalbaar op die 1ste van elke maand.
- Registrasiefooi van R150.00 met inskrywing.
- Alle gelde is streng vooruit betaalbaar oor 12 maande vanaf 1 Januarie tot en met 1 Desember
- Indien die gelde nie vereffen is nie sal u kind onmiddelik die naskool moet verlaat totdat die
volle rekening vereffen is. - Gelde sluit in ligte middagete en vakansiesorg.
Debietorder
Magtiging vir ‘n Debietorder word elke jaar voltooi vir die betrokke jaar!!!
Geen gelde per debietorder sal afgaan indien ‘n oorspronklike getekende magtigingsvorm nie by die finansiële kantoor ingehandig word nie!
Ouers wat van hierdie diens gebruik wil maak word versoek om die MAGTIGING VIR DEBIETORDER te voltooi en terug te stuur na Mev Wendy Strydom toe.
Vra gerus vir hierdie vorm aan by die finansiële kantoor.
Indien u die eerste paaiement aan die begin van Januarie wil laat afgaan per debietorder, moet hierdie magtigings-vorm reeds ingehandig word voor of op 8 Desember jaarliks.
Leerders wat skool verlaat
Graad R -7:
Oorplasingskaart moet skriftelik aangevra word by die administratiewe kantoor. Oorplasingskaart sal nie oorhandig word indien handboeke (Graad 4-7) nie ingehandig is en alvorens reëling getref is by Me Wendy Strydom (finansies@boerefort.co.za) vir agterstallige skoolgelde nie.
