Besige Boeries NPO/NPC is ’n nie-winsgewende organisasie wat deur toegewyde ouers van ons skool gestig is met die doel om fondse in te samel vir groot skoolprojekte, asook om borge en ondersteuners te werf. Deur samewerking met die skoolgemeenskap streef Besige Boeries daarna om volhoubare bydraes te lewer wat ons leerders en fasiliteite tot voordeel sal wees. Belangstellendes wat meer wil uitvind of betrokke wil raak, kan die organisasie kontak per e-pos by infobesigeboeries@gmail.com.