Sport
Ons skool bied ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite aan. Die beoefening van sport is ‘n belangrike ontwikkelings- hulpmiddel in die gebalanseerde vorming van die kind. ‘n Kind se keuse van aktiwiteite moet sodanig wees dat hy/sy genoeg tyd sal hê om te speel. Speel is ‘n onontbeerlike deel van sy/haar ontwikkelingsproses.
Geboortedatums vir deelname in 2026
Sportdrag
Die kinders doen KDA tydens skooltyd ook in hierdie drag.
Uitrusters:
Schoolwearhub winkel by skool.
Silver Cross: 012 546 6525 (Atletiek- en gholfhempie)
Totiusdal Handelshuis: 012 332 0016 (Atletiekhempie)
Sportbestuurder
Mnr Christoff de Beer – sport@boerefort.co.za
Atletiek
Ons atletiek strek vanaf Januarie tot middel Februarie en dan weer in kwartaal 4.
o/7 – o/9 neem slegs deel aan naellope
o/10 – o/13 kan deelneem aan naellope sowel as:
- hoogspring
- verspring
- gewigstoot
- spiesgooi (o/11 – o/13)
- diskus (o/11 – o/13)
- hekkies
- middelafstande
Organiseerder: Mnr Sias Wagner
Rugby
Ons naam is sinoniem met Rugby. Ons prestasies wys die tyd en moeite wat ons insit om rugby te laat groei. Ons speel in die Blou Bulle C-liga. Ons spanne wat die liga aandurf is o/9, o/10, o/11, 1ste en 2de spanne. Ons spog ook met top afrigters wat ook by Blou Bulle o/12 en Craven week betrokke was.
In 2025 het ons rugby puik presteer en kan ons spog met 2 Blou Bul liga wenners – o/10 asook die 1ste span.
Organiseerder: Mnr Frikkie Breedt
Bulletjie Rugby
Ons bulletjie rugby program gee soos oudergewoonte die geleentheid vir Gr R – 2 leerders om hulle vaardighede en liefde vir die spel te ontwikkel.
Ons maak gebruik van ouerhulp en afrigting.
Ons begin reeds in Februarie en die seisoen duur tot en met begin Junie.
Hier kweek ons toekomstige Bokke!
Organiseerder: Mnr Uli Pelser (ouer)
Netbal en Mini-netbal
Ons bied mini-netbal (o/6 – o/9) en netbal (o/11 – o/13) aan. In meeste gevalle het ons 2 tot 3 spanne per ouderdomsgroep.
Ons begin net na die atletiek seisoen en strek van middel Februarie tot einde Mei.
Organiseerder (mini-netbal): Me Natania Smith
Organiseerder (netbal): Me Monique Pieterse
Krieket
Ons neem deel aan die Titans krieket liga C-afdeling. Ons is bevoorreg om te spog met 5 kunsmatige nette, sowel as 3 turf blaaie. Ons liga begin in kwartaal 3 vanaf Julie en strek tot einde September. Ons liga spanne is o/9A, o/10A, o/11A en 1ste spanne. Ons o/9B en 2de spanne speel slegs vriendskaplike wedstryde.
Ons het ook tans ‘n lid van die Titans skole bestuur in ons midde met jare se ondervinding op provinsiale vlak.
In 2025 behaal ons groot sukses deur die eerste keer in ons skool se geskiedenis spanne te hê wat deurdring na die Titans finale en 2 van ons spanne (o/9 en o/10) word gekroon as die Titans wenners.
Toekomstige Proteas in wording!
Organiseerder: Mnr Christoff de Beer
Mini-krieket
Ons mini-krieket vorm deel van die KFC program vir o/6 – o/7 leerders.
Oefening en wedstryde vind plaas in kwartaal 3. Ons maak gebruik van ouerhulp.
Hokkie en mini-hokkie
Hokkie en mini-hokkie vir dogters se ligas en feestoernooie vind plaas in kwartaal 3.
Daar word ook jaarliks mini-klinieke gehou vir o/7 – o/9 sowel as senior-klinieke o/10 – o/13.
Ons mini-hokkie spanne is o/7, o/8 en o/9.
Ons senior hokkie spanne is o/10, o/11, o/13a en o/13b.
Organiseerder: Me Mieke du Toit
Tennis
Tennis word in kwartaal 3 gespeel in formele ligas.
Oefening begin reeds in kwartaal 2.
Oefening vind plaas in die oggende sowel as middae.
Liga wedstryde vind plaas op Maandag middae.
o/11 en oop seuns en dogters spanne word vir liga ingeskryf.
Organiseerder: Me Cheri Wagner
Landloop
Ons langasems oefen hard in kwartaal 2, met die liga byeenkomste wat plaasvind in kwartaal 3.
Enige leerder o/7 – o/13 mag aan landloop deelneem.
Organiseerder: Me Sarina Pretorius
Gholf
Ons jaarlikse gholfliga vind plaas in kwartaal 4.
Seuns en dogters word uitgedun deur middel van proewe by Akasia gholfbaan.
Liga vind plaas op Maandae en in 2025 het ons 2 spanne ingeskryf.
