GRONDSLAGFASE (Graad 1 – 3)

Vakke

  • Afrikaans – Huistaal
  • Engels – 1ste Addisionele taal
  • Lewensvaardigheid
  • Wiskunde
  • Rekenaargeletterdheid
  • Sepedi

Assessering

Deurlopende assessering word gedoen en die sewe-puntskaal word gebruik:

PrestasiekodeBeskrywing van vaardigheid
7Uitmuntende prestasie
6Verdienstelike prestasie
5Beduidende prestasie
4Voldoende prestasie
3Matige prestasie
2Basiese prestasie
1Ontoereikende prestasie

Slaagvereistes

In Graad 1-3 is die volgende punte nodig om te slaag:

  • Afrikaans Huistaal : 4
  • Engels Eerste Addisionele taal en Wiskunde : 3

INTERMEDIëRE FASE (Graad 4 – 6)

Vakke

  • Afrikaans
  • Wiskunde
  • Engels
  • NW en Tegnologie (smelt saam) = Basiese Wetenskap
  • KK en LO (smelt saam) = Lewensvaardigheid
  • SW
  • Sepedi (Gr 4 & 5)

SENIORFASE (Graad 7)

Vakke

  • Afrikaans – Eerste taal
  • Engels – Tweede taal
  • Wiskunde
  • NW
  • Tegnologie
  • SW
  • LO
  • KK
  • EBW

SKALE EN PERSENTASIE SLEUTELS: Gr 4 – 7

Graad 4-6

  • Klaswerk 75%
  • Eksamen 25%

Graad 7

  • Klaswerk 40%
  • Eksamen 60%
PrestasiekodeBeskrywing van vaardigheidPersentasie
7Uitmuntende prestasie80-100
6Verdienstelike prestasie70-79
5Beduidende prestasie60-69
4Voldoende prestasie50-59
3Matige prestasie40-49
2Basiese prestasie30-39
1Ontoereikende prestasie0-29

SLAAGVEREISTES VIR GRAAD 4 – 6

  1. Voldoende prestasie (Vlak 4) in een offisiële taal op moedertaal vlak.
  2. Matige prestasie (Vlak 3) in die tweede taal – Engels.
  3. Matige prestasie (Vlak 3) in Wiskunde.
  4. Matige prestasie (Vlak 3) in enige twee van die oorblywende vakke.

SLAAGVEREISTES VIR GRAAD 7

Afrikaans Huistaal50%
Engels (Eerste Addissionele Taal)40%
Wiskunde40%
Enige 3 vakke40%
Oorblywende 2 vakke30%

SKRIF BELEID

  1. Netheid is ‘n vereiste.
  2. Geen “Tipex” mag gebruik word nie; werk mag nie doodgekrap word nie.
  3. Maak alle foute netjies reg met ‘n grys potlood.
  4. Werkkaarte en alle fotostate moet netjies vasgeplak word.
  5. Daar mag nie los papiere in portefeuljes wees nie.
  6. Nasorg of werk tydens afwesigheid word altyd in potlood gedoen.
  7. Datum en opskrif word op die eerste lyn geskryf.
  8. Laat ‘n lyn oop en begin dan met die werk.
  9. Werk wat nie in die klas voltooi word nie, word as huiswerk beskou.
  10. Die nommer kom links van die kantlyn.
  11. Trek ‘n netjiese lyn na die werk.
  12. Spelling of rooi woorde moet 3 keer uitgeskryf word.
  13. Portefeulje vorm deel van die deurlopende assessering.

NASIEN- EN KONTROLEBELEID

  1. Formele assessering word slegs deur die opvoeder gedoen.
  2. Die formele aktiwiteite sal aan die begin van elke kwartaal aan die leerders gegee word sodat leerder en ouer op hoogte van dié assessering is.
  3. Informele opdragte word deur die leerder self, of medeleerders of ouers geassesseer. Dit word slegs deur die opvoeder gekontroleer.
  4. Antwoorde word gegee en die leerder moet nasorg doen.
  5. Alle foute word nie altyd aangetoon nie.   

Indien ‘n leerder afwesig was, is hy/sy self verantwoordelik om die agterstallige werk in te haal. Die leerder het slegs 3 dae om in te haal en kan tot 50% van voorgeskrewe werk verloor as leerder nie by sperdatum hou nie. Leerders kan ook naskool gehou word om alle agterstallige werk in te haal; leerders het glad nie die keuse om werk nie te doen nie of onvolledig te laat nie.  

Die skrifte is ‘n bewys van die leerder se vordering gedurende die jaar. Dit is beide die leerder, maar ook die ouer se verantwoordelikheid dat die leerder se skrifte in al die vakke netjies is en dat ons met trots in al ons skrifte sal werk nes ons leuse WAAK EN WERK.