Skoolreëls
Gedragskodes
Skooldrag
Riglyne vir die dra van skooldrag
Skooldrag mag nie met ander klere gemeng/gedra word nie, bv. Windbrekerbaadjie met plakkies of hoedjies of tekkies, ens. Langbroeke mag nie sonder die regte skoene gedra word nie. Truie of baadjies se moue mag nie opgetrek word nie. Amptelike skoolaktiwiteite moet in die korrekte skooldrag plaasvind. Geen hempies mag onder ‘n oopslaankraag gedra word nie. Geen handtekeninge, slagspreuke, ens. mag op skoolklere aangebring word nie. Serpe: Slegs wit of bottelgroen. “Boxer shorts” mag nie uitsteek nie. Geen hoede/pette. Skoolhemde moet ten alle tye ingesteek wees, ook na skool en op straat.
KDA kleredrag / sportdrag
Sportbroekie, gholf t-hemp of moulose atletiekhemp. Beide seuns en dogters kan die broekie en hemp dra vir ander sportsoorte. Hierdie klere sal by die skool aangetrek word tydens 1ste pouse en weer uitgetrek word na KDA tydens 2de pouse.
Dogters
Skoene
Standaard swart met een bandjie oor voetbrug of standaard swart rubbersool / toerygskoene. Somer opsioneel.
Kouse
Kort groen of wit sokkies.
Trui
Bottelgroen skooltrui / pull over / Dri-mac baadjie. Serpe: In die winter; slegs bottelgroen.
Drag
Somer – Geruite broekrompie en gholfhemp.
Winter – Grys langbroek met wit langmouhemp.
Seuns
Skoene
Broek
Hemp
Trui
Verskaffers van skooldrag
SCHOOLWEAR HUB
Ons skool se klerewinkel is slegs op sekere dae oop:
Maandag: 06:45 – 07:20
Donderdag: 06:45 – 07:20
Vrydag: 13:00 – 15:00
SELECT UITRUSTERS
H H/v Soutpansbergweg en Cobhamstr, Queenswood
Tel: 012 333 3319
SILVER CROSS
Eeufeesstraat 248, Pretoria-Noord
Tel: 012 546 6525
TOTIUSDAL HANDELSHUIS
773 Codonia Ave, Waverley, Pretoria, 0186.
Tel: 012 332 0016
Gedragskode: Boerieondersteuners
Doelstelling
Om te verseker dat ondersteuners/ouers te alle tye ‘n goeie beeld van Laerskool Boerefort uitdra, omdat ondersteuners/ouers ‘n belangrike skakel tussen deelnemers, die skool en die publiek is.
Riglyne
- Ondersteuners moet te alle tye positiewe ondersteuning aan deelnemers gee, d.w.s. geen kritiek op medespelers of ouers lewer nie.
- Ondersteuners mag onder geen omstandighede deelnemers tot vuilspel aanmoedig nie.
- Onder geen omstandighede mag skeidsregters of beamptes gekritiseer, gevloek of aanmerkings oor gemaak word nie.
- Ondersteuners mag onder geen omstandighede by argumente, bakleiery, ens. met ander ondersteuners of deelnemers van ander skole betrokke raak nie.
- Geen vuiltaal sal langs die sportveld toegelaat word nie.
- Geen alkohol sal langs die sportveld toegelaat word nie. Indien ‘n ondersteuner alkohol gebruik en geïdentifiseer word, sal dit aan een van die personeellede of BL-lede gerapporteer word, waarna daardie persoon gevra sal word om die terrein te verlaat.
- Ondersteuners moet te alle tye op die pawiljoen of agter die afsperring sit. Indien die ondersteuners versoek word om op die pawiljoen te sit, sal dit van alle ondersteuners verwag word om so ‘n versoek na te kom.
- Indien ‘n ouer sou opmerk dat leerders hulle skuldig maak aan wangedrag, soos rook en vuiltaal op die sportveld, sal dit van hierdie ouer verwag word om sodanige insident onmiddellik aan die betrokke opvoeder te rapporteer. Identifisering van die persoon is belangrik.
- Dit word van ouers van Laerskool Boerefort verwag om hierdie riglyne onder die aandag van besoekende ondersteuners te bring.
- Indien ‘n ouer of ondersteuner ‘n probleem het wat hy/sy onder die aandag van die skool wil bring, kan hy/sy dit na afloop van die wedstryd of byeenkoms met die afrigter of BHL-lid opneem.
- Laerskool Boerefort se ondersteuners kan’n positiewe bydrae lewer en ‘n groot verskil maak deur bogenoemde na te kom.
Eksamen reëls
4de Kwartaal – November/Desember
Program tydens eksamen
Leerders verdaag daagliks om 13:00
1ste sessie
7:20 – 8:00 Inneem van gelde, register en admin
8:00 – 9:30 Studietyd vir alle leerders
9:30 – 10:00 POUSE
10:00 – 12:00 Skryf vraestelle
12:00 – 12:15 POUSE
12:15 – 13:00 Inhandig van handboeke/lêers.
Reëls
- Sorg dat jy jou eie skryfgereedskap het soos skerp potlode, ekstra penne, wiskundestel, liniaal, uitveër, skerpmaker, ens.
- Niemand mag by iemand ander iets leen nie.
- Geen selfone, oorfone, walkmans, MP 3’s, MP 4’s, I- PODS ens nie.
- Geen speelgoed, sporttoerusting ens. nie. Alles wat pla word voor op die verhoog onder toesig bewaar.
- Selfone, speelgoed en iets ontoelaatbaar sal afgeneem word tot Desember.
- Geen leesboeke, kussings en komberse nie.
- Geen notas tydens die tweede sessie nie.
- Geen eet- of drinkgoed of kougom nie.
- Geen onnodige praatjies met opvoeders of maats nie.
- Geen rondlopery na toilette tydens sessies nie. Maak seker jy besoek die kleedkamers betyds. Mag glad nie die kleuterskool se toilette gebruik nie.
- Geen gesels of fluister tydens die sessies nie.
- Geen papiere en potloodsaagsels op vloere en banke nie.
- Geen laatkom by aanvang van sessies nie
- Eet ontbyt by die huis. Kos word slegs tydens pouse geëet.
- Enige leerder wat afskryf of vir ‘n ander antwoorde vra sal onmiddellik geskors word.
- Die betrokke leerarea lêers sal voor die 2de sessie begin in geneem word. Indien dit verlore is moet R50 inbetaal word.
- Om 12:00 sluit ons af met gebed en verdaag ry vir ry ordelik.
- Stoele en tafels word netjies gesit volgens opdrag.
- Opvoeders sal ten alle tye streng toesig hou sodat elke leerder ‘n regverdige kans kry om te studeer.
- Tydens die tweede sessie sal opvoeders vir die duur van die sessie rond beweeg in die saal.
- Gr 7 leerders wat hulle skoolklere skenk kan tydens die eksamen met gewone klere skool toe kom.
Algemeen
Inskrywings
Ingevolge regulasie 2(b)(ii) van die regulasie betreffende Openbare Skole is ‘n kind skoolpligtig in die jaar waarin hy/sy 7 jaar oud word. Geen uitstel mag meer aan enige leerder toegestaan word nie.
By eerste toelating vir Graad 1 vir die komende jaar, moet inskrywings AANLYN geskied: www.gdeadmissions.gov.za waarna die volgende dokumente binne 14 dae by die skool ingedien moet word tesame met die verwysingsnommer wat AANLYN bekom is:
- Ouer/s Identiteitsdokumente • Bewys van adres
- Geboortesertifikaat van leerder
- Immuniseringskaart
By eerste toelating vir Graad 2-7 moet die nodige vorms by die administratiewe kantoor bekom word. Na voltooing moet die volgende dokumente saam met dié vorm ingedien word:
- Ouer/s Identiteitsdokumente
- Bewys van adres
- Geboortesertifikaat van leerder
- Nuutste rapport
- Oorplasingskaart van vorige skool
Omsendbriewe
Sorg asseblief dat u die ouer omsendbriewe lees, dit bevat belangrike inligting. Omsendbriewe gaan sover moontlik op ‘n Woensdag uit per e-pos. Hardekopieë is in die kantoor beskikbaar asook op die webblad beskikbaar gestel word.
Verjaarsdae
‘n Leerder mag op sy/haar verjaarsdag gewone klere aantrek. Skoolreëls geld t.o.v. hare, juwele en grimering.
